Pick n Pay
Loading   

Bepalings en voorwaardes van kaart

1

Pick n Pay se smart shopper-kaart word uitgereik deur en bly die eiendom van Pick n Pay Groep of enige van sy filiale of geassosieerde maatskappye. Pick n Pay behou die reg voor om die smart shopper-kaart te eniger tyd te weier, uit te reik of in te trek.

2

Van jou word verwag om jou geldige Suid-Afrikaanse ID (of Paspoortnommer as jy nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie) te verskaf om te registreer, jou versamelde punte om te skakel, jou besonderhede te verander of jou smart shopper-kaart en -punte te bestuur.

3

Die smart shopper-kaart is nie oordraagbaar nie.

4

Om punte vir transaksies te verdien, moet Pick n Pay se smart shopper-kaart by betaalpunte van Pick n Pay aangebied word sodat transaksies opgeteken kan word. As geen kaart by die betaalpunt verskaf word nie, sal geen punte vir die transaksie verdien word nie. Voorts is dit nie moontlik om smart-punte terugwerkend te verdien vir transaksies wat vroeër plaasgevind het en waar die smart shopper-kaart nie beskikbaar was nie.

5

Vir elke hele Suid-Afrikaanse rand wat aan puntgekoppelde ware bestee word, sal een smart-punt verdien word. Geen smart-punte word op sentbedrae verdien nie.

6

Die enigste transaksies waarop jy nie enige smart-punte verdien nie, is waar brandstof, tabak en tabakverwante produkte, PnP-geskenkkaarte en aanvullings, geldoordragte, voorskrifmedisyne en -produkte, PnP Travel, asook derdepartydienste en -betalings betrokke is. Laasgenoemde sluit in, maar is nie beperk nie tot elektrisiteit, VSA-visabewyse, Axxess ADSL-bewyse, Hollard Versekering, U-Kash, SAL-fietsvervoerbewyse, Oostenrykse Visabewyse, Just Surf, Kleinhandel-staatseffekte, alle loterykaartjies, SAL- en buskaartjies, Multichoice, verkeersboetes, Splashout-winkelsentrumkaarte en pensioenbetalings. Pick n Pay behou die reg voor om te eniger tyd na sy goeddunke sekere produkte uit te sluit van die lys van smart-puntverdieners.

7

Discovery-kaarthouers kan by die smart shopper-program aansluit en die voordele van albei skemas kry. Albei kaarte moet byderhand wees en getrek word om die voordele van albei skemas te kry.

8

Smart-punte sal binne 5 dae vanaf jou aankoop op jou smart shopper-rekening getoon word.

9

Nadat jy jou eerste 1000 smart-punte versamel het (onderworpe aan die tydperk van 5 dae wat in punt 8 hierbo genoem is) sal jy die smart-punte na kontant kan omskakel, of aan ’n voorafgekose welsynsorganisasie van jou keuse kan skenk. Jy is nie verplig om smart-punte om te skakel of te skenk wanneer jy 1000 smart-punte versamel het nie. Jy kan soveel daarvan spaar as wat jy wil. Jy kan net eenhede van 100 smart-punte omskakel of skenk.

10

Die nagaan en omskakeling van smart-punte is onderworpe aan die aanlyn-beskikbaarheid van kiosks in die winkel.

11

Pick n Pay behou die reg voor om die omskakelingswaarde van smart-punte na sy goeddunke te verander.

12

Smart-punte kan na hul kontantwaarde omgeskakel of geskenk word aan ’n welsynsorganisasie by enige Pick n Pay-winkel se smart shopper-kiosk binne die grense van Suid-Afrika, tensy anders vermeld.

13

Geleenthede om bykomende smart-punte te verdien, sal na Pick n Pay se goeddunke gegee word.

14

Smart-punte en geld verdien uit die omskakeling van smart-punte sal vir 3 jaar geldig wees. Pick n Pay behou die reg voor om enige smart shopper-rekening te sluit wat vir ’n tydperk van 24 agtereenvolgende maande nie gebruik is nie (geen smart-punte verdien, omgeskakel of geskenk nie). Smart-punte en geld wat verbonde is aan rekeninge wat gesluit word, sal verloor word.

15

Smart-punte verdien uit transaksies waar goedere later teruggebring is, sal van jou saldo van smart-punte in jou smart shopper-rekening afgetrek word.

16

Jou Pick n Pay smart shopper-kaart kan nie as ’n krediet-, debiet- of waarborgkaart gebruik word nie.

17

Pick n Pay behou die reg voor om bedryfsvoorwaardes van die smart shopper-kaartprogram te eniger tyd te verander of op te skort. In die geval dat die program gestop word, sal smart-punte vir 30 dae geldig bly. Kontantbelonings in die klant se rekening sal nie geraak word nie.

18

In die geval van ’n uitgerekte staking of arbeidsoptrede behou Pick n Pay die reg voor om die omskakeling van smart-punte na kontant vir ’n tydperk na sy goeddunke vasgestel, op te skort.

19

Geld wat verkry is deur die omskakeling van smart-punte bly virtuele geld. Geen klant sal kontantgeld van die smart shopper-skema ontvang nie. Geldwaarde word aan die smart shopper-kaart gekoppel en dit neem dan die vorm en funksie van ’n geskenkkaart aan.

20

’n Geldige selfoonnommer en/of posadres en/of e-posadres word vir kommunikasiedoeleindes vereis van elke houer van Pick n Pay se smart shopper-kaart. Geen kommunikasie sal na foonnommers, posadresse of e-posadresse buite Suid-Afrika gestuur word nie.

21

Ons sal nooit jou persoonlike besonderhede met enige ander maatskappy deel nie, tensy dit absoluut noodsaaklik is vir die werking van die smart shopper-program.

22

In die geval van verlore, gesteelde of beskadigde kaarte, kontak jou Klantediensbestuurder in die winkel vir hulp, of die Pick n Pay-oproepsentrum by 0800 11 22 88. Jy kan Pick n Pay opdrag gee om jou verlore, gesteelde of beskadigde kaart te blokkeer/deaktiveer en ’n nuwe kaart aan te vra.

23

Smart-punte gekoppel aan jou verlore/geblokkeerde/beskadigde kaart kan na jou nuwe kaart oorgedra word. Enige geldwaarde gekoppel aan die verlore/geblokkeerde kaart kan egter nie herwin word nie. As smart-punte gekoppel aan die kaart omgeskakel of geskenk is voordat die kaart geblokkeer is, kan die waarde daarvan in smart-punte nie herwin word nie. Pick n Pay kan nie aanspreeklik gehou word vir die verlies van smart-punte of geldwaarde nie.

24

Enige misbruik, van watter aard ook al, van die smart shopper-kaart deur enige persoon is ’n kriminele oortreding en Pick n Pay behou die reg voor om die betrokkene se lidmaatskap te kanselleer en alle smart-punte van sy/haar rekening terug te hou. Geen smart-punte sal aan onjuiste of ongeldige kaarte of kaartnommers toegeken word nie.

25

Om as ’n lid van die smart shopper-program geregistreer te word, beteken onherroeplik dat jy instem tot bogenoemde Bepalings en Voorwaardes.


Spesifieke voorwaardes gekoppel aan smart shopper-koopbewyse

1

smart shopper-bewyse word deur Pick n Pay uitgereik aan ’n voorafgekose lys van klante op grond van hul koopgedrag gedurende ’n spesifieke tydperk.

2

smart shopper-bewyse is geldig in alle Pick n Pay-winkels in Suid-Afrika waar die produkte gekoppel aan die smart shopper-bewyse beskikbaar is, terwyl voorrade hou.

3

smart shopper-bewyse is geldig vir ’n tydperk soos deur Pick n Pay bepaal. Die betrokke tydperk waartydens dit geldig is, sal op die smart shopper-bewyse aangedui word.

4

smart shopper-bewyse moet saam met die rekeninghouer se smart shopper-kaart by die betaalpunt geskandeer word.

5

smart shopper-bewyse mag net deur die smart shopper-rekeninghouer gebruik word en mag nie oorgedra word nie.

6

’n smart shopper-bewys kan net een keer gedruk word. Geen bewys kan vervang of heruitgereik word nie.

7

’n smart shopper-bewys kan net vir een transaksie gebruik word – daarna sal dit ongeldig wees.

8

’n smart shopper-bewys sal net op die grondslag van “terwyl voorraad hou” beskikbaar wees.

9

In die geval van enige probleme met die druk van bewyse of ’n foutiewe smart shopper-kiosk, kontak asseblief jou klante-konsultant by die winkel om bystand.


Dankie dat jy by ons koop