Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Blatjang en appelkooskonfyt snoek

Not rated yet.
Geniet saam met vriende, familie en 'n bottel rooiwyn.

Bestanddele:

  • 1,2 kg heel vars snoek, gevlek
  • ¼ koppie (60ml) blatjang
  • 1 eetlepel (15ml) appelkooskonfyt
  • 1 teelepel (5ml) fyn komyn
  • 2 eetlepels (30ml) suurlemoensap
  • 1 eetlepel (15 ml) sonneblomolie
  • ½ teelepel (2.5 ml) sout
  • swart peper, na smaak
     

Metode:

  • Meng blatjang, konfyt, komyn, suurlemoensap, die helfte van die olie en sout.
  • Geur met peper.
  • Smeer 'n rooster met die res van die olie en plaas vis, met die vel kant op die rooster.
  • Smeer die konfyt mengsel mildelik oor die vis met ‘n borsel.
  • Braai vir 15-20 minute oor matige kole met die vel kant onder.
  • Draai die vis om en rooster vir 'n paar minute tot die vis maklik vlok.
  • Wees versigtig om nie te brand of om die vis oorgaar te maak nie.
  • Sit voor saam met gebakte aartappel en 'n groen slaai.

WENK Om te bak in die oond, borsel 'n groot stuk foelie met die helfte van die olie. Plaas die vis op foelie in 'n oondbak en smeer konfyt mengsel oor die vis soos vir die resep hierbo. Bak teen 180 ° C vir 20 minute of tot gaar. Die bokant van die vis sal bruin raak in die oond.

Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites