Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Gerookte geelstert met geroosterde groente

Not rated yet.
Geniet saam met vriende, familie en 'n bottel wit wyn.

Gerookte Geelstert

6 porsies 

Bestanddele:

  • 1 geelstert skoongemaak
  • 'n bietjie olie
  • Sout en peper
  • ‘n knippie borrie
  • ‘n knippie paprika
  • ‘n takkie marjolein of tiemie
  • 125g Mesquite hout chips geweek in water
  • ¼ koppie (60ml) suiker
  • 2 teelepels (10ml) gedroogde marjolein
  • 2 eetlepels (30ml) rooibos tee
     

Metode: 

  • Berei 'n indirekte vuur in ‘n Weber of soortgelyke braaier voor en plaas 'n drup pan tussen in die kole.
  • Sny die geelstert oop om ‘n holte te vorm
  • Borsel die vis met olie op die vel en binne-in die holte.
  • Geur liggies en sprinkel die holte met die borrie en paprika.
  • Vul die holte met die kruie en draai die vis in foelie dowwe kant na buite.
  • Lê die vis op die rooster bo die drip pan en kook vir 30 minute. Die vis behoort nie meer as 50 % gaar te wees op die stadium nie.
  • Maak die foelie oop en frommel dit onder die vis in. 
  • Dreineer die rook-skyfies en meng met die res van die bestanddele, spinkel oor beide kante van die vuur.
  • Sit die deksel op die braaier en sluit die boonste luggate. Laat kook vir 30 minute lank todat die vis net-net gaar is.
  • Verwyder die vis van die rooster en laat afkoel. Die vis sal heeltemal gaar word terwyl dit afkoel.

Geroosterde groente:
 

Bestanddele

  • 600g PnP braai groente
  • 2 eetlepels (30ml) olie
  • 2 eetlepels (30ml) water
  • groente speserye
  • feta, verkrummel
     

Metode:

  • Plaas groente in foelie pan.
  • Voeg olie, water, speserye en gekrummelde feta by.
  • Plaas op die kook rooster met vis.
  • Die rook skyfies sal ook 'n duidelike rook smaak gee aan die groente.
Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites