Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Lamsnek

Not rated yet.
Geniet saam met vriende, familie en 'n bottel rooi wyn.

6 porsies

Bestanddele

  • 2 eetlepels (30ml) botter
  • 2,5 ml gemaalde swartpeper
  • 12 stukke skaap nek
  • 1 ui, gekap
  • 15 baba-aartappels, geprik
  • 500g baba wortels, geskil
  • 1 pakkie piekeluitjies, skoongemaak
  • 6 murg pampoentjies
  • 4 tamaties, in blokkies gesny
  • 500g sampioene
  • 500g gemengde droë vrugte, geweek in water vir 1 uur
  • 1 koppie (250ml) water
  • 4 lourier blare
  • 3 heel naeltjies
  • 1 eetlepel (15ml) sout
  • 2 tsp (10ml) droë pietersielie
  • 1 eetlepel (15ml) Aromat
  • 1 koppie (250ml) droë witwyn
  • 6 eetlepel (90ml) Bisto in ½ koppie (125ml) water


Metode

  • Verhit die pot en smelt die botter.
  • Verbruin 'n paar stukkies vleis op 'n slag en verwyder van pot.
  • Braai die uie tot sag.
  • Plaas die vleis terug en voeg die water, peper, lourierblare, naeltjies en 10 ml van die sout saam in.
  • Sit die deksel op en laat die pot prut vir ongeveer 1 uur.
  • Meng die Aromat, pietersielie, peper en die res van die sout en sprinkel dit in-tussen die lae groente (pak die groente soos dit verskyn in die resep).
  • Plaas die gedroogde vrugte bo-op en laat prut vir ongeveer 1,5 uur.
  • Voeg die wyn en die Bisto oplossing by en kook vir 30 minute
  • Kook die rys soos per pakkie instruksies en bedien.
Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites