Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Mielie pakkies en bierbrood

Not rated yet.
Perfek om saam met jou Toks & Tjops braai pak te geniet

Mielie pakkies en bierbrood

Bier Brood 

Bestanddele:

  • 500g bruismeel
  • 100g cheddar kaas, gerasper
  • 1 teelepel (5ml) sout 
  • 1 teelepel (5ml) gemengde vars speserye, fyn gekap
  • 1x blikkie (330ml) bier
     

Metode:

  • Berei ‘n indirekte vuur.
  • Meng al die bestanddele.
  • Plaas in ‘n ge oliede brood pan.
  • Bak oor indirekte kole vir 45 minute.
     

Mielie pakkies

Bestanddele:

  • 4 suikermieliekoppe
  • 2 klein rooi soetrissies, onpit en fyn gekap
  • 200g botter, versag
  • ½ teelepel (2.5ml) paprika
  • ‘n knippie rooi pepper
  • 4 eetlepels (60ml) pietersielie, gekapde
  • sout en swartpeper
  • foelie
     

Metode:

  • Sny 4 stukke foelie en vou dubbel.
  • Plaas ‘n mieliekop op elkeen.
  • Meng die ander bestanddele.
  • Smeer mielies ruimskoots met botter mengsel rol mielies styf toe en verseel pakkies.
  • Berei direkte vuur voor en plaas op die rooster.
  • Braai vir 15 min en draai van tyd tot tyd om.
  • Sit stomend warm voor.
  • Bedien met Toks en tjops braai pakkie en bierbrood.

 

Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites