Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Tradisionele braai

Not rated yet.
Geniet saam met vriende familie en 'n bottel wit wyn.

Tradisionele braai

Bestanddele:

  • 6 PnP lamstjops
  • sout en swart peper
  • 2 eetlepels (30ml) kookolie
  • 1 ui, in skywe gesny
  • ‘n knippie kruisement, gekapde
  • 720g PnP Boerewors (120g porsie per persoon)
  • 1 PnP ongekookde gemarineerde plat hoender
     

Metode:

  • Meng die olie, uieskywe en kruisement.
  • Bestruik tjops met mengsel en geur met sout en peper.
  • Berei 'n indirekte vuur in die Weber braai.
  • Plaas die hoender op die rooster en braai 35 min tot mooi begin verkleur.
  • Plaas die wors en tjops op die braai maak deksel toe en braai vir 30 min.
  • Verwyder en laat rus en bedien met geurige pap en biltong slaai.
     

Geurige pap: 

Bestanddele:

  • 500g mieliemeel
  • 1 blikkie heel pit mielies
  • 80g knoffel botter
  • 100g kaas, gerasperde
     

Metode:

  • Kook die mieliepap nie te styf nie, maar ook nie heeltemal slappap nie.
  • Sodra die pap gaar is, meng die blikkie heel pit mielies by. Meng dan knoffel botter by en roer alles deurmekaar.
  • Plaas kaas bo-oor. Sit die pot se deksel op en 'n paar kole bo-op om die kaas te verbruin/smelt.
     

Wenk: Jy kan ook gesnipperde gebraaide bacon, mushrooms en uie byvoeg dan is dit sommer 'n maaltyd op sy eie.

Biltong Slaai

Bestandele:

Slaaisous

  • 4 eetlepels (60ml) balsem-asyn
  • ½ koppie (125ml) olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 1 teelepel (5ml) suiker of na smaak
  • 1 teelepel (5ml) Dijon-mosterd
  • 1 stingel sprietui, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:

  • 250g klam, baie dun gekerfde biltong
  • 1 ½ koppies (375ml) cheddarkaas, gerasperde
  • 'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik
  • 3 agurkies, gekap
  • 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
  • 2 ryp avokados, in blokkies gesny en besprinkel met suurlemoensap
     

Metode:

  • Plaas die slaaisous bestanddele in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. 
  • Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. 
  • Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. 
  • Rangskik die blaarslaai op 'n groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op.
  • Besprinkel liggies met van die slaaisous. 
  • Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. 



 

Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites