Loading   
X

WELCOME TO PICK N PAY ONLINE

Register for your account and unlock the full Pick n Pay Online and mobile experience.

To get started, tell us if you have a smart shopper card.

YES NO

Vis in koerant

Not rated yet.
Geniet saam met vriende familie en 'n bottel wit wyn.

6 porsies
 

Bestanddele

  • 2 - 4 PnP rainbow forel sowat 1,5 kg in totaal
  • 1 appel, geskil en gerasper
  • 1 ½ koppies (375ml) broodkrummels
  • 2 eetlepels (30ml) pekanneute, fyngekapte
  • 2 sprietuie, gekap
  • ‘n knippie gedroogde oregano
  • 1 eetlepels (15ml) gesmelte botter
  • 4 eetlepels (60ml) hoenderaftreksel
  • 8-12 velle koerant klam
     

Metode

  • Om die vulsel te maak, voeg die appel, broodkrummels, pekanneute, sprietuie, oregano, botter en hoenderaftreksel saam en meng liggies.
  • Skep die vulsel eweredig in die holte van die vis.
  • Berei 'n indirekte vuur in die braai.
  • Draai elke vis toe in drie lae van die koerant en vou die hoeke noukeurig in.
  • Week die toegedraaide vis in koue water totdat dit deeglik nat is.
  • Plaas die pakkies op die braai en draai een keer halfpad deur die gaarmaaktyd ongeveer 25-30 minute, of totdat die papier droog is.
  • Bedien die forel in die papier en sny dit oop met 'n skêr op die tafel. Die vel sal aftrek saam met die papier, wat dui op 'n perfekte gaar, klam en sappige vis.
     

Halloumi sosaties

Bestanddele

  • 6 baba-aartappels, vooraf-gekook en in kwarte gesny
  • 400g halloumi kaas blokkies (ongeveer 16 tot 20 blokkies )
  • 1 pakkie wit sampioene
  • 20ml olie
  • Sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 eetlepels (60ml) suurlemoensap
  • 1 teelepels knoffel
  • 6 sosatiestokkies
  • Soet rissie sous vir die bediening
     

Metode:

  • Meng die olie, suurlemoensap, knoffel sout en peper saam.
  • String die sosatiestokkies met sampioene in kwarte aartappel en hoallumi.
  • Bedruip met suurlemoensap mengsel.
  • Braai totdat hallumi bruin en sampioene gaar is.
  • Verwyder van die rooster en bedien met soet rissie sous.
     

WENK: Om 'n groter vis te kook,wat ongeveer 1,5 kg weeg, op dieselfde manier, vermeerder die lae van nat koerant papier en pas die kook tyd aan in verhouding tot die grootte van die vis.

Print Email
Not rated yet.
Add to My Favourites